Slumdog Millionaire

08 March 2009

Yebo!
So die fliek om te kyk more aand is Danny Boyle se Slumdog Millionaire.

A,B,C of D - Jy bly 'n Oscar wenner.

Jy mag jouself die vraag afvrae: "Gaan dit die moeite werd wees om te kyk?"

Ek het myself & die Stigter van die "ORIGINIAL cineclub" dieselfde vraag gevra.
Hy het my geantwoord:
"Ai, Jaco. JFDT sê dis goed. Wat meer wil jy hê?
As jy die Acadamy of Motion Picture Arts And Sciences vertrou, hulle het Slumdog Millionaire tog met agt pryse beloon. Vyf Critic's Choice toekennings? Vier Golden Globes? Sewe BAFTAs? Dis nou as jy belangstel in pryswenners. Wat meer wil jy hê?
O? Goeie geselskap? Ja, dis by die aanbod ingesluit!"

So daar het julle dit.

As die stigter van "The ORIGINIAL cineclub"(dis natuurlik Floris) & JFDT(Ek sal binnekort JFDT se Q&A ophê) sê dis goed dan moet dit goed wees.

Net voor ek te vêr aangaan; Die cineclub is 'wettiglik' in ons 1ste jaar gestig - 2006. Deur die jare het mense gekom en gaan maar die klub het bly staan.
Kom & sluit aan by die Facebook groep waar jy op hoogte kan bly met wat, waar & waneer(Gewoonlik op Dinsdae aande by Brooklyn, Pta).

Die Stigter(soos Floris verkies om genoem te word) gee ook informasie deur soos winskopies, goedkoper pryse & springmielie geure sodat jy 'n beter film ondervinding kan hê.

Slumdog Millionaire se IMDB opsomming:
"A Mumbai teen who grew up in the slums, becomes a contestant on the Indian version of "Who Wants To Be A Millionaire?" He is arrested under suspicion of cheating, and while being interrogated, events from his life history are shown which explain why he knows the answers."

Danny Boyle het ook maar sy op & af films as regiseur maar van sy beter films is:
- The Beach
- A Life Less Ordinary
- Trainspotting

van sy swakker films wat nog steeds kykbaar is:
- Sunshine
- 28 Days Later

Die film is natuurlik gebaseer op die boek met die selfde naam deur Vikas Swarup.

'n Paar interresante feite:
- Mercedes-Benz het gevra dat al hulle kentekens uit die tonele verwyder moet word waar hulle in die arm gedeeltes gefilm het. Klaarblyklik was hulle bang dat hulle 'naam' sou seerkry.
- Die Krieket toernooi op Tv in Javed se huis is die 1ste dag van die Future Cup reeks tussen Suid Afrika & Indië.
- In een van die eerste tonele gee Maman vir Jamal & Salim koeldrank. Die 'Thumbs Up' kenteken (die Indiese weergawe van Coca Cola) moes verwyder word omrede dié nie met die film ge-assosieer wou wees nie.

Ek dink dit mag goed wees - veral nadat ek Wes Anderson se: Darjeeling Limited gekyk het.
Sien julle Dinsdag aand daar!

Mercedes Benz + Thumbs Up Cola = Fail!

.jaco
Indiese....en Afrikaanse Volksheld

Dissels

06 March 2009

0 comments  

'n Kort een vir vandag. Ek en 'n paar vriende wil ons eie klein reeks oor die volgende paar maande maak. Dié wil ons dan op Youtube laai vir julle - gratis!!!

So, Dissels is 'n projek van vriend Floris wat ons tans aan dink.Floris se Q&A kan gevind word opnder die Bydraers opskrif.

Geniet!



.jaco
Misdaad Bestrydende Afrikaanse Volksheld

"Begin with the End in mind" - Media Reg

26 February 2009

0 comments  

Sienende dat TUT se Film Skool stadig besig is om 'n stadige pynfolle dood te sterf het ek besluit om maar op my eie aan te gaan & self bietjie verder te studeer aangesien R20 000 net nie meer genoeg vir die Universiteit is om ons eer dosente te verskaf nie.

Een ding wat ek ietwat interresant vind is wette rondom enige media & sienende dat ek tans besig is met 'n paar idees & 'n ppaar gevestigde skrywers gekontak het, het ek tot die besef gekom dat die manne my warm onder die kraag kan maak.

Een boek wat ek interresant vind is Charl Groenewald se:" The Law of Moviemaking."

Dit is wat hulle die 1ste jaars moet leer pleks van 5 ure laat sit & Walker Texas Ranger kyk.

Laat ons nou maar eerlik wees - so 'cool' as wat dit is om artistiese & abstrakte films te maak is Suid Afrika ongelukkig nie die land om dit as 'n beginner film maker aan te pak nie.

Ons het bevange film makers in ons klas maar ongelukkig het hulle besigheids vernuf om van te praat nie.
Ek self sukkel so bietjie - dié dat ek die boek in die hande gekry het. Hier teen Hoofstuk 2 het ek al meer geleer op die enigste 2 bladsye van die hooftsukke as my vorige 2+ jaar by die Universiteit.

Om aan te haal(vanaf my notas): "You must be certain that when you pitch to your investors, it focuses on the probability that your film will be financially viable.

The fact that your film tells a good story is sadly just a bonus."

'n Basiese dog basiese waarheid. Australia is een van die beste films ooit & visueel bevange. Maar op die 25ste Desember 2008 het ek my hele familie gevat om Australia te kyk & ons was die enigste 5 mense in die teater. Aan die ander kant was. Vaatjie sien sy Gat vol gepak. 'n Hartseer storie inderdaad.

'n Goeie voorbeeld wat in die boek gebruik word is George Lucas(Star Wars). George beweer dat hy nooit enige insig gehad het m.b.t die toekoms toe hy die handelsware regte gekoop het nie. 30 jaar later is hy ruiker as wat hy ooit kon droom het, te danke aan die kopie.

Charl was ook nou onlangs die Uitvoerende Vervaardiger op Karate Kallie.

As jy van films hou en bietjie meer wil weet soos hoe om jou geld in my projekte te investeer kry vir jou 'n kopie: Dis die lees werd.

.jaco

Eindig met die begin - Volksheld in Afrikaans

Politiek

24 February 2009

0 comments  

Nie een om propoganda of politiek op my nuwe blog te adverteer nie wil ek julle graag in die rigting stuur van 'n baie amusante blog wat ek daagliks lees.
Die rubriek handel oor die verbysterende manier waarop 1 van die politieke partye stemme probeer werf het.

Ek geniet Seth Rotherham se blog terdee & hy het hierdie interresante stukkie m.b.t die verkiesing wat net om die draai lê.

Doen jouself 'n guns & geniet die amusante politieke oorlog voering in ons land - veral my internasionale vriende - Dis nou jy Pieter...& Coenraad...& Rolf....& Zaskia.....& jy ook Anna!


.jaco
Baie Deurmekaar Afrikaanse Volksheld

Changeling

0 comments  

Die pos is 'n bietjie laat & ek reken niemand gaan dit lees voor vanaand 8 uur se fliek by SterKinekor of Nu-Metro nie maar nou ja.
Gaan kyk Changeling.
Fokus op die volgende:
- Die vaal kleure wat die gevoel van die 1920's vereenselwig.
- Luister na die klank, dalk was Brooklyn se luidsprekers net moer toe maar ek is onder die indruk dat hulle die algehele klank half 'n radio telefoon kwaliteit gegee het om die outydse gevoel te behou - maar ek is 10 teen 1 verkeerd.
- Clint Eastwood was nie net regiseur nie maar ook het ook gekomponeer.
- Hou in gedagte dat die film gebaseer is op ware gebeure.
- Maak 'n nota ooor Angelina se grimering & klere - fantastiese kuns redigering.
- Onthou die aktrise wat met christine vriendinne raak in die malhuis. Haar naam is Amy Ryan & sy is een van daai: "diamond in the dust" aktrises. Loer vir haar in: Dan in Real Life & in die 5de reeks van die Amerikaanse weergawe van The Office. Sy vertolk die rol van Holly Flax,Michael Scott se nuwe HR verteenwoordiger.
- Wees bang vir John Malkovich - hy is 'n 'badass'!!

Die film was interressant dog 'n bietjie herhalend aan die begin maar nog ek glo 'n oog oopmaker vir vele film gangers dwarsoor die werêld....
Hulle moet 'n bietjie hier kom kuier & sien dat dinge hier nog onveranderd is...

Maar benewens my persoonlike opinies hou ek van die idee dat Hollywood weg beweeg van die spier paleise & sexy meisies. Sou hulle van die bogenoemde gebruik word hulle natuurlik gegrimeer om regtig normaal(?) te lyk.
Angelina het verskriklik gelyk & ek voel dit het die emosionele subteks net soveel beter oor gedra.

Om my teorie te ondersteun kan julle gerus na die volgende loer; dit is 'n YouTube video greep met Will Ferrel, Jack Black & John C. Reilly oor Hollywood & hulle Supersterre:




Ek sien dat Youtube nie regtig die video wil deel nie so as jy hom nie kan sien nie loer gerus hier: Farrel, Black & Reilly Song.
Dit is dit. Moenie wag om die fliek op E-Tv te gaan sien nie, gaan kyk dit nou!!Almal doen dit!!
O...& julle is vervelig...

.jaco
Oscar Kykende Afrikaanse Volksheld

Geen Blogs die week

20 February 2009

0 comments  

Want Telkom do cap....& ek nie...
Jammer ouens, sien julle weer volgende week.

Batman vs Superman

13 February 2009

0 comments  

So...Soos baie van my nabye vriende weet ek is defnitief meer van 'n Superman 'fan' as 'n Batman een.

Hier is hoekom:Ek het nog altyd geweet Superman is die beter 'Superhero' maar mense wil mos altyd stry...
Ag...

Een internet verbruiker het op die volgende gelet:

"An essential characteristic of the superhero mythology is, there's the superhero, and there's the alter ego. Batman is actually Bruce Wayne, Spider-Man is actually Peter Parker. When he wakes up in the morning, he's Peter Parker. He has to put on a costume to become Spider-Man. And it is in that characteristic that Superman stands alone. Superman did not become Superman, Superman was born Superman. When Superman wakes up in the morning, he's Superman. His alter ego is Clark Kent. His outfit with the big red "S", that's the blanket he was wrapped in as a baby when the Kents found him. Those are his clothes. What Kent wears, the glasses, the business suit, that's the costume. That's the costume Superman wears to blend in with us."

Loer gerus na hierdie 2 minute YouTube video om die waarheid eerste hands te beleef:





Laatsens; Loer gerus na dié skakel om meer inligting te kry oor die Batman VS Superman saga.

.jaco

Superman 'Fan' & Superman Mal Afrikaanse Volksheld.