"Begin with the End in mind" - Media Reg

26 February 2009

 

Sienende dat TUT se Film Skool stadig besig is om 'n stadige pynfolle dood te sterf het ek besluit om maar op my eie aan te gaan & self bietjie verder te studeer aangesien R20 000 net nie meer genoeg vir die Universiteit is om ons eer dosente te verskaf nie.

Een ding wat ek ietwat interresant vind is wette rondom enige media & sienende dat ek tans besig is met 'n paar idees & 'n ppaar gevestigde skrywers gekontak het, het ek tot die besef gekom dat die manne my warm onder die kraag kan maak.

Een boek wat ek interresant vind is Charl Groenewald se:" The Law of Moviemaking."

Dit is wat hulle die 1ste jaars moet leer pleks van 5 ure laat sit & Walker Texas Ranger kyk.

Laat ons nou maar eerlik wees - so 'cool' as wat dit is om artistiese & abstrakte films te maak is Suid Afrika ongelukkig nie die land om dit as 'n beginner film maker aan te pak nie.

Ons het bevange film makers in ons klas maar ongelukkig het hulle besigheids vernuf om van te praat nie.
Ek self sukkel so bietjie - dié dat ek die boek in die hande gekry het. Hier teen Hoofstuk 2 het ek al meer geleer op die enigste 2 bladsye van die hooftsukke as my vorige 2+ jaar by die Universiteit.

Om aan te haal(vanaf my notas): "You must be certain that when you pitch to your investors, it focuses on the probability that your film will be financially viable.

The fact that your film tells a good story is sadly just a bonus."

'n Basiese dog basiese waarheid. Australia is een van die beste films ooit & visueel bevange. Maar op die 25ste Desember 2008 het ek my hele familie gevat om Australia te kyk & ons was die enigste 5 mense in die teater. Aan die ander kant was. Vaatjie sien sy Gat vol gepak. 'n Hartseer storie inderdaad.

'n Goeie voorbeeld wat in die boek gebruik word is George Lucas(Star Wars). George beweer dat hy nooit enige insig gehad het m.b.t die toekoms toe hy die handelsware regte gekoop het nie. 30 jaar later is hy ruiker as wat hy ooit kon droom het, te danke aan die kopie.

Charl was ook nou onlangs die Uitvoerende Vervaardiger op Karate Kallie.

As jy van films hou en bietjie meer wil weet soos hoe om jou geld in my projekte te investeer kry vir jou 'n kopie: Dis die lees werd.

.jaco

Eindig met die begin - Volksheld in Afrikaans

0 comments: