Changeling

24 February 2009

 

Die pos is 'n bietjie laat & ek reken niemand gaan dit lees voor vanaand 8 uur se fliek by SterKinekor of Nu-Metro nie maar nou ja.
Gaan kyk Changeling.
Fokus op die volgende:
- Die vaal kleure wat die gevoel van die 1920's vereenselwig.
- Luister na die klank, dalk was Brooklyn se luidsprekers net moer toe maar ek is onder die indruk dat hulle die algehele klank half 'n radio telefoon kwaliteit gegee het om die outydse gevoel te behou - maar ek is 10 teen 1 verkeerd.
- Clint Eastwood was nie net regiseur nie maar ook het ook gekomponeer.
- Hou in gedagte dat die film gebaseer is op ware gebeure.
- Maak 'n nota ooor Angelina se grimering & klere - fantastiese kuns redigering.
- Onthou die aktrise wat met christine vriendinne raak in die malhuis. Haar naam is Amy Ryan & sy is een van daai: "diamond in the dust" aktrises. Loer vir haar in: Dan in Real Life & in die 5de reeks van die Amerikaanse weergawe van The Office. Sy vertolk die rol van Holly Flax,Michael Scott se nuwe HR verteenwoordiger.
- Wees bang vir John Malkovich - hy is 'n 'badass'!!

Die film was interressant dog 'n bietjie herhalend aan die begin maar nog ek glo 'n oog oopmaker vir vele film gangers dwarsoor die werêld....
Hulle moet 'n bietjie hier kom kuier & sien dat dinge hier nog onveranderd is...

Maar benewens my persoonlike opinies hou ek van die idee dat Hollywood weg beweeg van die spier paleise & sexy meisies. Sou hulle van die bogenoemde gebruik word hulle natuurlik gegrimeer om regtig normaal(?) te lyk.
Angelina het verskriklik gelyk & ek voel dit het die emosionele subteks net soveel beter oor gedra.

Om my teorie te ondersteun kan julle gerus na die volgende loer; dit is 'n YouTube video greep met Will Ferrel, Jack Black & John C. Reilly oor Hollywood & hulle Supersterre:




Ek sien dat Youtube nie regtig die video wil deel nie so as jy hom nie kan sien nie loer gerus hier: Farrel, Black & Reilly Song.
Dit is dit. Moenie wag om die fliek op E-Tv te gaan sien nie, gaan kyk dit nou!!Almal doen dit!!
O...& julle is vervelig...

.jaco
Oscar Kykende Afrikaanse Volksheld

0 comments: