Slumdog Millionaire

08 March 2009

 

Yebo!
So die fliek om te kyk more aand is Danny Boyle se Slumdog Millionaire.

A,B,C of D - Jy bly 'n Oscar wenner.

Jy mag jouself die vraag afvrae: "Gaan dit die moeite werd wees om te kyk?"

Ek het myself & die Stigter van die "ORIGINIAL cineclub" dieselfde vraag gevra.
Hy het my geantwoord:
"Ai, Jaco. JFDT sê dis goed. Wat meer wil jy hê?
As jy die Acadamy of Motion Picture Arts And Sciences vertrou, hulle het Slumdog Millionaire tog met agt pryse beloon. Vyf Critic's Choice toekennings? Vier Golden Globes? Sewe BAFTAs? Dis nou as jy belangstel in pryswenners. Wat meer wil jy hê?
O? Goeie geselskap? Ja, dis by die aanbod ingesluit!"

So daar het julle dit.

As die stigter van "The ORIGINIAL cineclub"(dis natuurlik Floris) & JFDT(Ek sal binnekort JFDT se Q&A ophê) sê dis goed dan moet dit goed wees.

Net voor ek te vêr aangaan; Die cineclub is 'wettiglik' in ons 1ste jaar gestig - 2006. Deur die jare het mense gekom en gaan maar die klub het bly staan.
Kom & sluit aan by die Facebook groep waar jy op hoogte kan bly met wat, waar & waneer(Gewoonlik op Dinsdae aande by Brooklyn, Pta).

Die Stigter(soos Floris verkies om genoem te word) gee ook informasie deur soos winskopies, goedkoper pryse & springmielie geure sodat jy 'n beter film ondervinding kan hê.

Slumdog Millionaire se IMDB opsomming:
"A Mumbai teen who grew up in the slums, becomes a contestant on the Indian version of "Who Wants To Be A Millionaire?" He is arrested under suspicion of cheating, and while being interrogated, events from his life history are shown which explain why he knows the answers."

Danny Boyle het ook maar sy op & af films as regiseur maar van sy beter films is:
- The Beach
- A Life Less Ordinary
- Trainspotting

van sy swakker films wat nog steeds kykbaar is:
- Sunshine
- 28 Days Later

Die film is natuurlik gebaseer op die boek met die selfde naam deur Vikas Swarup.

'n Paar interresante feite:
- Mercedes-Benz het gevra dat al hulle kentekens uit die tonele verwyder moet word waar hulle in die arm gedeeltes gefilm het. Klaarblyklik was hulle bang dat hulle 'naam' sou seerkry.
- Die Krieket toernooi op Tv in Javed se huis is die 1ste dag van die Future Cup reeks tussen Suid Afrika & Indië.
- In een van die eerste tonele gee Maman vir Jamal & Salim koeldrank. Die 'Thumbs Up' kenteken (die Indiese weergawe van Coca Cola) moes verwyder word omrede dié nie met die film ge-assosieer wou wees nie.

Ek dink dit mag goed wees - veral nadat ek Wes Anderson se: Darjeeling Limited gekyk het.
Sien julle Dinsdag aand daar!

Mercedes Benz + Thumbs Up Cola = Fail!

.jaco
Indiese....en Afrikaanse Volksheld

0 comments: