Almost Unrecognizable

11 February 2009

 

"Make-Up"of grimering is wat die vroulike spesie gebruik om hulle self te "photoshop"...soos in die ou dae...
Sommige dames gebruik baie grimering - ander dames het nou maar net baie grimering nodig...en dis normaal - dis hoe dit is...

So hier is 'n paar foto's van akteurs met hulle grimering vir hulle rolle in die volgende films:


Tom Cruise speel die part van die bles joodse vervaardiger - Les Grossman.
Een van die beter rolle in 'n hele rukkie vir ou Maverick.

Die snaakse Ben Stiller was agter die stuur van die rolprent.

Volgende in dieselfde prent het ons die man, die LEGENDE:

Robert Downey Junior!!

Bob aka Ironman

Hy het natuurlik 'n Academy Award Nominasie ontvang vir sy rol as Kirk Lazarus in die spesifieke film & hetdie baie 'cool' rol vertolk van Tony Stark in Iron Man. Die vervolg van Iron Man is geskeduleer vir 2010.

& Laastens - Terwyl dit nuut is vir blanke akteurs om swart rolle te vat is swart na wit al lankal terug gedoen in die verlede.

Coming to America:

Die 1988 treffer was die begin van die einde vir ou Eddy gewees.

Eddy - Moes al lankal opgehou het.

Norbit & die 2 Nutty Professor flieks het Eddy in 'n verskeidenheid van vermommings gehad...& dan was daar Meet Dave met meer as 1 Eddy in - Nie ideaal nie.

Om meer as 80 akteurs in mal dog fantastiese grimerings te sien, gooi jou muis punt oor na listal.com - 'List the stuff you love.'

Dankie Hiegster.

.jaco

Verbaasde Afrikaanse Volksheld

0 comments: